loader image

RSAM MAKELAARS PRIVAATHEIDSBELEID VERKLARING

Verskaffing aan ons kliënt van ‘n standaard goeie praktyk Privaatheidsbeleid Verklaring om gedeel te word met hul kliënte en Derde Partye

PRIVAATHEIDSBELEID VERKLARING

Die respektering en beskerming van u Persoonlike Inligting (verwys asseblief na die definisie van Persoonlike Inligting aan die einde van hierdie beleidsverklaring) is vir ons baie belangrik. Dit is ook ‘n Grondwetlike reg, wetlike en goeie sakepraktyk vereiste, wat ek/ons baie ernstig opneem.

In ooreenstemming met die 8 Voorwaardes in die Wet, onderneem ons om:

  • Gesamentlike verantwoordelikheid en aanspreeklikheid saam met u te aanvaar om u Persoonlike Inligting verantwoordelik te bestuur en te beskerm wanneer ons dienste en oplossings aan u verskaf word;
  • Te onderneem om slegs van u die Persoonlike Inligting te ontvang en te verwerk wat absoluut noodsaaklik is vir die doel om u te help met u vereiste oplossings, die nodige verwante ooreenkomste aan te gaan en die regmatige wetlike belange van alle betrokkenes te oorweeg, soos vereis deur die Wet en om u reg te respekteer om u toestemming vir die verwerking van u Persoonlike Inligting terug te trek;
  • Te onderneem om u Persoonlike Inligting slegs te gebruik vir die doel wat vereis word om u by te staan of oplossings aan u te verskaf;
  • Te onderneem om nie u Persoonlike Inligting met enigiemand te deel of verder te verwerk indien dit nie vereis word om u met u oplossings by te staan of deur die wet vereis word nie;
  • Te onderneem om openhartig en deursigtig te wees en u in kennis te stel soos en wanneer deur die wet vereis word oor waarom en hoe u Persoonlike Inligting versamel moet word;
  • Te onderneem om u Persoonlike Inligting in ons besit te beveilig en te beskerm;
  • Te onderneem om vrylik te bevestig watter Persoonlike Inligting ons het, om die Persoonlike Inligting by te werk en reg te stel en om dit nie langer te hou as wat wetlik vereis word nie.

 

Ons of die maatskappye wat die oplossings wat u benodig verskaf of daarmee help, moet u Persoonlike Inligting versamel, gebruik en hou soos voorgeskryf deur relevante wette en regulasies en vir redes soos:

  • Om met u te deel en relevante produkte of dienste aan u te verskaf, om die transaksie wat u aangevra het uit te voer en om ons verhouding te handhaaf;
  • Om op u navrae te reageer;
  • Om u identiteit te bevestig en te verifieer of om te verifieer dat u ‘n gemagtigde gebruiker is vir sekuriteitsdoeleindes;
  • Vir versekeringsonderskrywingsdoeleindes;
  • Om eise te beoordeel en te verwerk;
  • Om kredietverwysingsoektogte of verifikasie uit te voer, slegs indien u dit magtig of as dit ‘n vereiste is om u oplossings aan u te verskaf;
  • Vir operasionele doeleindes wat vereis word om u te help met die oplossings wat u benodig;
  • Vir oudit- en rekordhoudingsdoeleindes;
  • In verband met moontlike vereistes deur die Inligtingsreguleerder of ander Staatsinstansie soos toegelaat deur die wet, regsgedinge of hofuitsprake.

Ons en die maatskappye wat die oplossings aan u verskaf mag “koekies” op ons en hul webwerwe gebruik. Dit stel ons en hulle in staat om u toekomstige besoeke aan ons webwerf te verbeter asook om aan u ‘n meer gebruikersvriendelike ervaring te bied.

Enige addisionele inligting of bekommernisse kan gevind en geopper word by die Inligtingsreguleerder, wat gekontak kan word soos hieronder gedeel, maar voel asseblief vry om ons eers te kontak om enige vrae of bekommernisse wat u mag hê te bespreek:

Philip Faure
Besturende Direkteur
022 487 9630
pfaure@rsab.co.za

Webwerf: https://www.justice.gov.za/inforeg/
Tel: 012 406 4818
E-pos: inforeg@justice.gov.za

U Persoonlike Inligting word deur die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (die Wet) gedefinieer as: “beteken inligting betreffende ‘n identifiseerbare, lewende, natuurlike persoon, en waar dit van toepassing is, ‘n identifiseerbare, bestaande regspersoon, insluitend, maar nie beperk nie tot— (a) inligting betreffende die ras, geslag, seks, swangerskap, huwelikstatus, nasionale, etniese of sosiale oorsprong, kleur, seksuele oriëntasie, ouderdom, fisiese of geestelike gesondheid, welstand, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte van die persoon; (b) inligting betreffende die opvoeding of die mediese, finansiële, kriminele of indiensnemingsgeskiedenis van die persoon; (c) enige identifiserende nommer, simbool, e-posadres, fisiese adres, telefoonnommer, liggingsinligting, aanlyn identifiseerder of ander spesifieke toewysing aan die persoon; (d) die biometriese inligting van die persoon; (e) die persoonlike menings, sienings of voorkeure van die persoon; (f) korrespondensie gestuur deur die persoon wat implisiet of eksplisiet van ‘n private of vertroulike aard is of verdere korrespondensie wat die inhoud van die oorspronklike korrespondensie sou openbaar; (g) die sienings of menings van ‘n ander individu oor die persoon; en (h) die naam van die persoon indien dit saam met ander persoonlike inligting betreffende die persoon verskyn of indien die openbaarmaking van die naam self inligting oor die persoon sou openbaar”